Markon Marine 3

Voeg by Gunstelinge

 

Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die tabel hierbo, hef die blyplek ook 'n eenmalige R390-administrasiefooi en R350-skoonmaakfooi per bespreking.
Die volgende word by die tariewe ingesluit:
Markon Marine 3
Selfsorg / Self Catering
Belasting en Ekstras
Lees asseblief die volgende belangrike inligting voor jy die bespreking bevestig.



'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1200 word gehef en sal binne 10 dae na vertrek terugbetaal word in u rekening indien daar nie enige breekskade is nie.

Die breekskadedeposito is verpligtend en moet per EFT aan Markon Rentals betaal word. Jy sal binnekort na die bevestiging van bespreking 'n faktuur vanaf Markon Rentals ontvang. Die deposito moet 4 weke voor die inklokdatum vereffen wees. Geen toegang word toegelaat tot die eenheid voordat alle fooie en depositos vereffen is nie. Geen kontant sal op die perseel geneem word nie.



Let asseblief daarop dat die skoonmaakfooi wat gehef is 'n vertrekskoonmaak- en linnefooi is. Dit is nie vir skoonmaakdienste tydens verblyf nie.

'n Daaglikse addisionele skoonmaakdiens is beskikbaar teen R200 per dag. Dit moet asseblief vooraf gereël word. Hierdie is slegs 'n basiese skoonmaakdiens - dit is nie 'n voldag skoonmaakdiens nie.



Geen ekstra gaste, bo en behalwe die aantal beddens, sal in die woonstel toegelaat word nie. Indien ekstra gaste in die eenheid gevind word, sal onmiddellike uitsetting plaasvind.

Rook is verbode in die eenhede.



Die volume van musiek en geraas moet ten alle tye op 'n aanvaarbare vlak gehou word.



Inkloktyd is 14:00 - gedurende vakansieseisoen kan ons u ongelukkig nie vroeër akkommodeer nie (buiteseisoen kan u vooraf met ons kontak maak om seker te maak of die eenheid vroeër beskikbaar is).

Uitkloktyd is stiptelik om 09:00.

Die dame wat u inboek by die eenhede se naam is Katryn - haar nommer sal na bevestiging van die bespreking vir u gestuur word. Reël asb vroegtydig met haar sodat sy vir u die sleutels van die eenheid kan bring en u kan laat inklok. Sy is nie permanent op die perseel nie, so dit is belangrik om u inkloktyd met haar te bevestig. Stuur asseblief vir Katryn en Markon Rentals 1 of 2 alternatiewe kontaknommers.



Handdoeke word nie voorsien nie, bring asseblief jou eie bad- en swemhanddoeke saam.



'n Klein hondjie word toegelaat in die eenheid - dié bly die verantwoordelikheid van die gas - die hondjie mag nie 'n steuring vir die ander gaste wees nie en moet huis-opgelei wees.
Kansellasiebeleid: Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100% van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50% van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0% van die deposito word terugbetaal

Gaste wat na Markon Marine 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za