Markotter Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Markotter Place bied selfsorgverblyf in Bellville en is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers. Dié verblyf is sentraal tussen Kaapstad en Stellenbosch geleë en bied maklike toegang tot die N1. Nabygeleë plekke sluit Kaapstad Internasionale Lughawe, Canal Walk, die middestad en die V&A Waterfront in, en die naaste strand is sowat 20 minute se ry hiervandaan.

Ons bied verskeie verblyfopsies onder meer 'n en suite-slaapkamer, 'n luukse oopplan-suite of 'n tweeslaapkamerwoonstel. Elke eenheid beskik oor 'n mikrogolf, yskas, ketel, plafonwaaier, platskerm-TV, haardroër en gratis koffie en tee. Linne en handdoeke word voorsien. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Ontbyt is op versoek beskikbaar en word in die eetkamer bedien. Aandete kan ook op versoek voorberei word. Gaste is welkom om van die braaigeriewe, buiteswembad en die trampolien gebruik te maak. Gratis privaat parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Markotter Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za