Marloth Kruger Lodges

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Diep in die hartjie van die Afrika-bos, op die grens van die Krugerwildtuin, lê 'n versteekte toevlugsoord van prag en kalmte ? Marloth Kruger Lodges.

Hierdie grasdak-lodges is volledig toegerus en bied selfsorgverblyf naby die Krugerwildtuin (18 km na die Krokodilbrug-hek). Hier bied ons 'n onvergeetlike, ontspanne bosvakansie met huislike geriewe en dan is dit boonop waarde vir geld! Ons is in Marloth Park, 'n privaat reservaat met 'n 17 km gemeenskaplike grens aan die Krugerwildtuin.

Marloth bied 'n unieke alternatief tot verblyf in die Krugerwildtuin aangesien die nie-roofdiere soos sebras, kameelperde, apies en rooibokke toegelaat word om vrylik om die lodges te beweeg. Dit is 'n 5 minute stappie na die Krokodilrivier toe van die lodges af en hier kan die Groot 5 (olifant, leeu, renoster, buffel en luiperd) gewaar word.

Ons het 4 lodges:
Bush Pig Lodge het 3 slaapkamers met 2 koningingrootte-beddens en 3 enkelbeddens.
Giraffe Lodge het 2 slaapkamers met 1 koningingrootte-bed en 3 enkelbeddens.
Zebra Lodge het 2 slaapkamers met 2 koningingrootte-beddens.
Tusker Lodge het 3 slaapkamers met 3 koningingrootte-beddens.

Al ons lodges is volledig toegerus insluitend 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en alle kookgereedskap. Elkeen het 'n oopplan-leefarea en -eetarea met 'n eetkamertafel. Die eenhede het lugversorging en van die eenhede het plafonwaaiers en muskietnette. Alle linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n ruim veranda en 'n eettafel, braaiboma, en vuurput. Eie, privaat swembadjie.

Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam.

Die lodges is gerieflik geleë en net 5 minute se ry van die Krokodilrivier af waar jy die Groot 5 kan gewaar. Die Krokodilbrug-ingangshek van die Krugerwildtuin is net 18 km ver.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marloth Kruger Lodges gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 R1 700 per nag (plek vir 5)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za