Mart Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mart Inn is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Yzerfontein. Die woonstel is ideaal geleë oorkant die karavaanpark en naby die hoofstrand.

Die woonstel is ten volle gemeubileer, troeteldiervriendelik en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed vir 2 kinders. Dié 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n aparte stort en 'n bad.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en oorgenoeg ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Die sitkamer langsaan het 'n TV met volledige DStv-kanale en lei na 'n onderdakstoep met braaigeriewe.

Klein goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Parkeerplek vir voertuie is buite beskikbaar. Die woonstel is ook naby 'n ontspanningsklub, winkels, 'n drankwinkel en ander geriewe in die middedorp.

Slaapplek

'n Bespreking by Mart Inn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mart Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 596 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]