Marula Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marula Beach House is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in 'n stil area in Manabastrand in Uvongo. Die huis het skouspelagtige uitsigte oor die oseaan en die seelewe en dit is stapafstand vanaf 2 hoofswemstrande en net 2 minute se stap van 'n rotsagtige strand af.

Marula Beach House het slaapplek vir tot 8 gaste. Daar is 'n huis met slaapplek vir 6 en 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 2.

Die huis beskik oor 3 dubbelslaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetkamer en 'n leefkamer. 2 van die slaapkamers het lugversorging. Die ruim kombuis beskik oor 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n opwasarea met 'n yskassie, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense. Daar is 'n dakwaaier en 'n TV met DStv in die sitkamer. Die eetarea lei na 'n onderdak-houtdek met gasbraaigeriewe en 'n stoepstel met sitplek vir 8 waar julle al fresco kan geniet, of dit nou reën of nie.

Die oopplan-woonstel het 'n aparte ingang en beskik ook oor 'n dubbelbed, 'n en suite-stort en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die kombuisie is goed toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n ontbytkroeg met stoele in. Daar is 'n snoesige sitarea met 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. Die woonstel het ook sy eie onderdakstoep met 'n piekniekbankie en ingeboude braaigeriewe.

Marula Beach House het 'n lieflike swembad. Parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis word voorsien. Die perseel is omhein en het 'n alarmstelsel.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marula Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false