Marula Mews

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marula Mews is in die Selborne Park Gholflandgoed geleë en bied gaste 'n rustige, luukse vakansie wat perfek is vir 'n klein gesin of 'n romantiese wegbreek.

Die eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is en suite en het ingeboude kaste, 'n spieëltafel en 'n platskerm-TV met DStv. Die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed, ingeboude kaste en bedtafeltjies.

Die gemeubileerde onderdak-veranda voor die huis het 'n ingeboude braai-area met maklike toegang tot die kombuis. Dit bied skouspelagtige uitsigte oor die natuur rondom die gholflandgoed. Agter die huis is daar 'n private toesluitmotorhuis vir gaste.

Groot skuifdeure laat oorgenoeg Suidkus-sonskyn by die oopplan-sitkamer in wat na die veranda toe lei. Die sitkamer is modern gemeubileer en het 'n groot platskerm-TV met volledige DStv. Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 langs die kombuis sodat dit maklik is om op te skep. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, glasware, breekware en eetgerei.

Gaste wat by Marula Mews oorbly kan gerus gebruik maak van die wonderlike geriewe op die landgoed. Buiten die 18-putjie-gholfbaan met 'n 72-baansyfer is daar ook 'n kristalhelder swembad, tennisbaan met spreiligte, speelarea met 'n klimraam, swaaie, glyplanke en 'n swembadjie. Die gholfklub het ook 'n restaurant en kroeg waar heerlike maaltye geniet kan word.

Die landgoed het elektriese omheining en 24 uur-sekuriteit. Natuurliefhebbers kan lekker stap deur die landgoed. 'n Verskeidenheid kleinwild kom hier voor: Duikers, muishonde en meer as 160 voëlsoorte is al in die natuurlike bos gewaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Marula Mews sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Marula Mews gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false