Mary's Place Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 21 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Mary's Place Apartment bied gerieflike verblyf in 'n privaat woonstel en dit is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers. Dié gemeubileerde en geteëlde woonstel met 3 kamers is op die onderste verdieping van 'n groot privaat huis in Park Hill, Durban-Noord, geleë.

Die woonstel kan met gemak 2 volwassenes huisves en is beveilig met 'n Trellidor-veiligheidshek. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste met oorgenoeg ruimte en rakke. Beddegoed en handdoeke word ook voorsien en die woonstel word daagliks skoongemaak. Die geteëlde badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en toiletware. Die leefkamer is ingerig met 2 gemaklike tweesitplekbanke, 'n koffietafel en 'n muureenheid met 'n 32" platskerm-TV, volledige DStv en gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, skinkborde, eetgerei, breekgoed en glasware om wegneemetes mee te eet. Alle skottelgoed word daagliks verwyder wanneer die kamer skoongemaak word. Gaste kan by enige van die plaaslike eetplekke in Swapo-straat 'n maaltyd geniet of wegneemetes koop. Die woonstel is ideaal vir gaste wat verkies om uit te eet of wegneemetes by die tafel en -stoele op die patio te geniet.

Daar is 'n wasmasjien vir gaste wat 'n minimum van 4 nagte oorslaap. Die woonstel het lugversoring en daar is plafonwaaiers. Daar is 'n muurkluis in die kas onder die trappe.

Gaste kan ontspan by die tafel en stoele op die patio en het toegang tot 'n swembad en 'n aparte onderdak-patio met sonstoele. Gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig, die perseel word beveilig deur 'n elektriese hek en -heinings en gaste word voorsien van 'n afstandbeheer. Die woonstel is ideaal vir 2 volwassenes. Kinders en besoekers word nie toegelaat nie.

Mary's Place Apartment is 'n kort afstand vanaf Moses Mabhida Stadion, 11 km vanaf die Durban-seefront, Suncoast Casino, Ushaka Marine World en Umhlanga Rocks-strand. Sibaya Casino is tussen Umhlanga en Umdloti. La Lucia Mall, Gateway en die gewilde Pavilion Winkelsentrums is net 'n kort entjie se ry weg en King Shaka Internasionale Lughawe is 25 km weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Mary's Place Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mary's Place Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 21 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za