Masada Guest House B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geleë op 'n reuse ruiterlandgoed wat oor die noordelike deel van Saldanhabaai uitkyk. Masada Gastehuis is in privaat besit en daar heers 'n ontspanne plattelandse atmosfeer. Masada is slegs 120 km noord van Kaapstad op die R27, en bied die ideale wegbreek om oor 'n naweek of sommer in die middel van die week asem te skep. Dit is ook die ideale konferensie- of trou-venue.

Die gastehuis bied luukse verblyf in 'n rustige, veilige, afgeleë omgewing. Lê terug, ontspan en laat die stres van die stadslewe vervaag soos jy die atmosfeer van die platteland geniet. Alle kamers by gastehuis het 'n dubbelbed of 'n koningingrootte-bed met perkallinne. Die kamers het hoofsaaklik en suite-badkamers met 'n bad en 'n storte. Gaste word versoek om asb. navraag hieroor te doen wanneer 'n bespreking gemaak word. Hoë gehalte-badhanddoeke en toiletware word voorsien.

Daar is verskeie ander geriewe soos 'n TV met 'n DVD-speler op versoek, 'n waaier, haardroër, ekstra komberse en elektriese komberse. Gratis WiFi word voorsien. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike sitkamer en eetkamer gelisensieerde kroeg en 'n verhitte binnenshuise spa-swembad. Privaat patio;s bied toegang to 'n pragtige tuin waar gaste skemerkelkies kan geniet.

Langebaan is omring deur verskeie unieke Weskus visvangdorpies soos Paternoster, bekend vir sy kreef en gasvrye, plaaslike mense, asook Velddrif bekend vir sy bokkoms wat in die wind uitgedroog word. Net 'n klipgooi ver is bekende wynplase soos Swartland Wines en verskeie ander.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Masada Guest House B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false