Masibambane Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 40 % af

Kry 40% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Masibambane Guest House bied verblyf op 'n privaat plaas, net 11 km vanaf Rustenburg se middedorp. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige vakansie- of sake-wegbreek naby verskeie doendinge en besienswaardighede.

Verblyf word gebied in 10 smaakvol versierde kamers. Die kamers het enkel- of dubbelbeddens en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die kamers sluit gratis WiFi, TV's, verwarmers of waaiers, en tee- en koffiemaakgeriewe in.

'n Stewige Engelse ontbyt word in die eetkamer bedien en aandete kan gereël word teen ekstra koste. Die gastehuis het ook 'n kroeg en 'n lapa by die swembad.

Vir sakereisigers is daar 'n konferensiekamer met plek vir 25 afgevaardigdes. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter afstandbeheerde hekke.

Masibambane Guest House is net 'n kort motorrit van verskeie doendinge af. Dit sluit perdry, gholf, minigholf, voetslaan, kanovaart, wildritte en wild-wandelinge, bergfietsroetes, rotsklim en 4x4-roetes in. Die gastehuis is 60 km van Sun City en 80 km van Pilanesberg Nasionale Park af.

Die gastehuis is aan die uithoeke van Rustenburg op die Johannesburg/Krugersdorp-pad naby Kroondal in 'n plattelandse area. Dit is baie stil.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Masibambane Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 R504 per nag (vir 2 mense)

Kry 40% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]