Matlosana White House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Matlosana White House is in La Hoff, Klerksdorp geleë en die unieke ligging bied 'n rustige ervaring terwyl jy steeds naby al die nodige geriewe is. Die gastehuis bied toegang tot winkelsentrums, banke en privaat hospitale en die Faan Meintjies Natuurreservaat is net 'n entjie hiervandaan.

Die verblyf bestaan uit en suite-gastekamers wat smaakvol versier is. Daar is 12 dubbelkamers wat elk slaapplek het vir 3 gaste. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi vir gaste wat oorslaap. Daar is 1 dubbelkamer wat slaapplek het vir 2 gaste, en dié kamer het lugversorging, tee- en koffiemaakgereiwe, 'n lessenaar en 'n stort. Gaste kan ook 'n heilsame ontbyt in die grasdak-lapa geniet.

Die funksielokaal het 2 konferensiesale met plek vir 200 gaste wat, te danke aan die nuutste tegnologiese toerusting, ideaal is vir professionele geleenthede. Matlosana White House het ook die nodige geriewe vir troues en die bekoorlike kapel is gerieflik langs albei onthaalsale geleë. Die gastehuis sal enige tyd spyseniering doen vir troues - van 10 tot 200 gaste. Die lieflike tuine is die ideale plek om foto's te neem en daar is 'n verskeidenheid dekor waaruit bruide kan kies. Daar is ook 'n elegante wittebroodsuite vir die bruidspaar.

Die kombuis is toegerus om voorsiening te maak vir allerhande tipes spyseniering, van konferensies tot troues. Aandag aan detail en groot porsies verseker gaste se tevredenheid. Die kersie op die koek is dat die kuier tot in die vroeë oggend-ure kan aanhou aangesien daar nie 'n amptelike toemaaktyd is nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Matlosana White House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za