Matrix 410

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Matrix 410 is 'n selfsorgwoonstel in Century City, 'n ideale ligging vir vakansiegangers met konferensiegeriewe en 'n rits besienswaardighede in die omgewing. Natuurliefhebbers kan Intaka-eiland, 'n vlei en voëlparadys, verken, en die Canal Walk Mall bied talle restaurante, koffiewinkels, winkels en 'n pragtige kanaal. Century City Square bied ook restaurante en koffiewinkels, insluitend Punjab Wok, Tigers Milk, Seattle Coffee Co en Square Café.

Dié eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ideaal vir paartjies op soek na 'n privaat wegbreek. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort. Daar is ook 'n oopplan-kombuisie, -sitarea en -eetarea.

Die kombuisie is goed toegerus en het 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, stoof en oond. Daar is ook wasmasjien-tuimeldroër vir gaste se gerief. Die eetarea beskik oor 'n glastafel met 3 stoele. Die sitarea het 'n rusbank vir 2, 4 vierkantige ottomans en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste het ook toegang tot hoëspoed-internet. Toegang-beheerde kelderparkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Matrix 410 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 015 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za