Maugericetie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maugericetie is 'n ruim huis met slaapplek vir 10 en is 550 m van Arniston se strand af.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers wat 3 badkamers deel. 'n En suite-slaapkamer en leefarea is op die eerste verdieping en 3 slaapkamers en 2 badkamers is op die onderste verdieping.

Drie van die kamer het elk 'n dubbelbed, en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring. Die een dubbelbedkamer het ook 2 enkelbedjies vir kinders.

Die groot kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel. Die ruim sitkamer het 'n knus kaggel en 'n TV. Gaste moet asb. hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Ongelukkig is daar nie enige koppelpunte vir PVR- of Explora-dekodeerders nie.

'n Weber-braai word voorsien en gaste het toegang tot 'n dubbelmotorhuis.

Arniston bied talle restaurante, lieflike strande, swem, fietsry, perdry, bergfiets- en voetslaanroetes, visvang-geleenthede, walviskyk, duik tussen die skeepswrakke langs die kus, en nog meer. Gaste kan ook die spa by die Arniston Hotel en die Waenhuiskransgrot besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Maugericetie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maugericetie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 216 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false