Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mavela Game Lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Manyoni Privaat Wildreservaat, Langs die D240, 13 km van Mkuze af, 3965, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R11 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mavela Game Lodge is 'n unieke, luukse lodge in die hartjie van die pragtige Manyoni Privaat Wildreservaat naby Mkuze wat verblyf in luukse safaritente bied.

Elke tent het 'n koninggrootte-bed of enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n binne- en buitestort en luukse AfriEarth Rhys-toiletware. Die tente is smaakvol versier, het waaiers, lugversorging en bied toegang tot 'n privaat dek met 'n pragtige uitsig oor die bosveld. Gaste kan lekker op die dekstoele ontspan en die voëltjies wat in die voëlbadjies baljaar dophou.

Die hooflodge het 'n grasdak wat 'n valk in vlug uitbeeld. Die ruim opelug-eetkamer en -sitkamer het oorgenoeg plek waar gaste kan sit en ontspan en daar is fantastiese uitsigte oor die Manyoni Privaat Wildreservaat van die kroeg op die boonste verdieping af. Die buitelug-boma is die ideale plek om soel Afrika-nagte deur te bring en gaste kan heerlik in die swembad afkoel op 'n warm dag in Zoeloeland. Daar is ook 'n vrystaande braai wat gaste kan gebruik.

Mavela Game Lodge is trots op die dekadente etes wat gaste kan geniet. Aandetes is driegangmaaltye wat perfek gekomplimenteer word deur 'n gehalte-wynversameling. Die kamp is nie omhein nie en gaste sal na aandete na hul kamers vergesel word.

Manyoni Privaat Wildreservaat strek oor 23 000 hektaar in die noorde van KwaZulu-Natal, bekend as Zoeloeland, en daar is Groot 5 te gewaar. Hier kan gaste met die Afrika-bosveld kennis maak. Die hoogservare en passievolle safari-gidse neem gaste daagliks op wildritte deur die reservaat in 'n oop 4x4-voertuig. Dié reservaat is een van KwaZulu-Natal se beste safaribestemmings vir voëls en diere. Dit het meer as 425 voëlspesies en bedreigde spesies soos jagluiperds en wildehonde. Dis die ideale plek vir 'n onvergeetlike Suid-Afrikaanse safari. Ons gidse is passievolle voëlkyk-entoesiaste en sien uit daarna om gaste bekend te stel aan hierdie stukkie voëlkykparadys.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Manyoni Privaat Wildreservaat, Langs die D240, 13 km van Mkuze af, 3965, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R11 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R11 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Manyoni Privaat Wildreservaat, Langs die D240, 13 km van Mkuze af, 3965, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2ecb459c614db1514f74906df77612ad201806d8cc188a2be8e348b1ecfda598786cb33c44fdaadba83777aa38d4e28248b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R11 000 per nag, vir 2 mense Manyoni Private Game Reserve Off D240 3965 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-15:00 11:00 -27.713860926646 32.017559734688