Hospital Park Akkommodasie by Mavuta Manor | LekkeSlaap
+37

Mavuta Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 94A, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mavuta Manor is 'n elegante gastehuis wat geleë is in die hart van Polokwane se kernsakegebied. Sy sentrale ligging maak dit maklik toeganklik tot alle winkelsentrums, banke en nasionale roetes uit Polokwane wat lei na Messina, Phalaborwa, Tzaneen en Louis Trichard. Hierdie moderne perseel met 5 luukse suites het al die moderne geriewe en noodsaaklikhede vir die kieskeurige reisiger.

Mavuta Manor spog met gekunstelde luuksheid vandat jy die veilige perseel binnetree tot die "Porte Cochere", goed versorgde tuine en ruim, luukse suites. Die gastehuis het 'n hedendaagse Afro-sjiek-styl, met Persiese matte, soliede houtafwerkings en helder, warmkleurige materiale. Dit beteken dat jy niks minder as die hoogste standaard van diens kan verwag nie. In ons eetkamer kan jy smul aan 'n magdom fynproewersgeregte. Ons terras teen die swembad en ongerepte tuine is die ideale plek om te ontspan na 'n lang dag en 'n lieflike glas wyn van ons eie kelder te geniet terwyl jy na die kabbelende water van die oorvloeiswembad en die ritseling van die blare van majestueuse bome rondom die gastehuis luister. Dit bied voldoende skadu en privaatheid.

In alles wat ons doen streef ons daarna om al jou verwagtinge te oorskry, wat jou toelaat om te ontsnap by ons luukse toevlugsoord na 'n lang reis of besigheidsvergaderings. Mavuta Manor is 12 km van Polokwane Internasionale Lughawe af geleë wat dit ideaal maak vir die sakereisiger wat nie tyd het om te mors nie. Ons bied lughawependeldienste teen 'n minimale koste.

Of jy nou hier is vir sake of plesier, Mavuta Manor bied jou 'n tuiste weg van die huis af waar die persoonlike aandag en diens van ons personeel jou sal laat voel asof jy nooit in die eerste plek die huis verlaat het nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Voortrekkerstraat 94A, Polokwane, 0699, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 94A, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU1MGY0MzYyLTFhMzAtNGMzOS04ODM4LWUxNzFhY2Y5ODRhOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 2) 94A Voortrekker Street Polokwane 0699 Limpopo 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -23.902040891104 29.456793889403
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za