Drie Ankerbaai Akkommodasie by Maydon Views | LekkeSlaap
+16

Maydon Views

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Maydonstraat, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 465 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Maydon Views is 'n ruim selfsorgwoonstel in Seepunt en bied 'n panoramiese uitsig oor die stad en Atlantiese Oseaan.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens,

Die sitkamer, eetkamer, kombuis en ruim terras met 'n balkon wat omvou, het 'n oopplan-uitleg. Die moderne kombuis is ten volle toegerus en het 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, skottelgoedwasser en tuimeldroër. Alle eetgerei, breekware en linne word voorsien.

Die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en 'n klankstelsel. Daar is gasbraaigeriewe met gemaklike buitemeubels op die terras. Elke slaapkamer het toegang tot die terras. Veilige parkeerplek word vir 2 voertuie voorsien.

Die woonstel is ideaal geleë in Seepunt en is stapafstand vanaf die Atlantiese Oseaan en Seepunt se promenade af. Dit is naby top restaurante en verskeie winkels, boetieks, wasgoeddienste en apteke. Ontdek die pragtige Kaap terwyl jy tuisgaan in hierdie luukse, gerieflike woonstel. Of jy die Moederstad besoek vir werk of plesier, wonderlike verblyf is gewaarborg in hierdie woonstel.

Slaapplek

’n Bespreking by Maydon Views sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Maydonstraat, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 465
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 465
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Maydonstraat, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwOGU5ZThkLWY3MjEtNGRmNi1iMzBlLWFlODAzZTIyYjk4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 465  per nag (plek vir 6) Maydon Road Sea Point 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 11:00 -33.909806666035 18.400776609778
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za