Mayfair Luxury

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Mayfair Luxury is ‘n selfsorgwoonstel in Century City. Die Canal Walk-winkelsentrum is net ‘n entjie se ry, asook verskeie restaurante en die Intaka Island waar die hele gesin kan voëlkyk, bootvaarte kan geniet en selfs ‘n maanlig-voetslaanroete kan aanpak.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 kamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 2 driekwartbeddens en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het ‘n dubbelbed en die tweede badkamer het ook ‘n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV. Die sitarea het ook ‘n skuifdeur wat na die stoep met ‘n uitsig oor die tuin lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Mayfair Luxury sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mayfair Luxury gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 539 R1 385 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za