Constantia Akkommodasie by Mbali Lodge | LekkeSlaap
+41

Mbali Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silvermist Landgoed, Constantia Nek, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mbali Lodge is 'n selfsorg-villa op die veilige Silvermist Landgoed in Constantia Nek, Kaapstad.

Hierdie villa strek oor meer as een verdieping en het slaapplek vir 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n vrystaande bad en 'n glasdak-stort met 'n uitsig na bo. Die hoofslaapkamer bied toegang tot die hoofdek. Die tweede slaapkamer is op 'n mezzanine-verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-bad en -stort. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer bied toegang tot 'n dek en die tuin.

Die ruim oopplan-leefarea met sy elegante, vrystaande kaggel, gemaklike rusbanke, leunstoele en TV is op die hoofverdieping. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en daar is 'n pragtige uitsig. Skuifdeure bied toegang tot die dek. Die moderne kombuis is ten volle toegerus met 'n elektriese stoof, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, glasware, kookgerei, potte en 'n waterfiltreringsisteem.

Die onderste verdieping van die huis bied toegang tot die ontwerperstuin, 'n dek met patiomeubels en 'n 12 meter-lange sonverhitte swembad. Daar is 'n afstandbeheermotorhuis met 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n binnedeur na die huis.

Mbali Lodge is ongeveer 8 km vanaf Houtbaai en 26 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, wat dit die ideale ligging maak om die omgewing te verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Mbali Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Silvermist Landgoed, Constantia Nek, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silvermist Landgoed, Constantia Nek, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALkbwZ9H1b70ZUX8K8Sl6oYEhyJZxibPWNFJN7drGmK3MFwCTkm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (plek vir 6) Silvermist Estate Constantia Nek 7945 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.012835425543 18.40245218525
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za