Mbewa Cabins B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mbewa Cabins B&B is 14 km buite die dorpie Zeerust, net langs die N4-hoofweg geleë. Dit is die ideale oornagstop vir diegene wat op pad is na Botswana en Namibië, of selfs net vir 'n wegbreek van die bedrywige stadslewe.

Verblyf by Mbewa Cabins B&B word in 3 chalets gebied met slaapplek vir 2 tot 5 gaste. Al die chalets is met verwarmers, elektriese komberse, yskassies en waaiers toegerus. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die chalets is om die swembad geleë en omring deur welige plantegroei. Daar is 'n lapa met braaigeriewe, Maaltye en piekniekmandjies kan op versoek gereël word. Veilige parkeerplek word vir alle gaste voorsien.

Mbewa Cabins B&B is op 'n privaat plaas geleë met lekker doendinge soos voetslaan, swem en voëlkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mbewa Cabins B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za