Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

McBains

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R301, Eerste Tol, Bainskloofpas, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R840 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

McBains is op Bainskloofpas se kruin geleë en vorm deel van die geskiedkundige Eerste Tol-nedersetting. Die eiendom bied privaat toegang tot die Witterivier en grens aan die Limietberg Natuurreservaat en Hawekwaberg. Let daarop dat die eienaar saam met sy troeteldiere op die perseel woon.

Verblyf word in 6 individueel versierde kamers en 4 vrystaande houthuise aangebied wat oor die ongerepte perseel versprei is. Die kamers en huise het slaapplek vir 2 tot 11 gaste. Van die eenhede het privaat badkamers en ander deel die gemeenskaplike ablusiegeriewe. Gaste moet asb. hul eie handdoeke en flitse saambring.

Die gemeenskaplike kombuis is vir selfsorg toegerus en maaltye kan voorberei word indien dit vooraf bespreek word. Gaste kan in die sitarea met 'n boek ontspan, die kuns in die vertrek van nader bekyk of op die dek sit en die uitsig op die berge of oor die rivier geniet. Daar is ook 'n houtvuurwarmbad, maar hout word nie voorsien nie. Gaste moet dus asb. hulle eie hout vir die warmbad en die braai saambring, of hout kan teen R50 per krat gekoop word.

Ander geriewe by McBains sluit WiFi, trampoliens en hope speelplek vir kinders in. Daar is ’n groot oop veld vir kinders om te speel en die rivier is slegs 100 m vanaf die eiendom. McBains het ’n rowwe terrein en veral kinders word aangemoedig om ten alle tye skoene te dra.

Wellington is die naaste dorpie en sowat 13 km van die instansie af aan die voet van die pas. Ceres, Worcester en Tulbagh is aan die anderkant van die pas.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 19 resensies vir McBains
Netheid
3.8/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Justin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Jaar gelys 4

Ligging

  • Langs die R301, Eerste Tol, Bainskloofpas, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink McBains het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R301, Eerste Tol, Bainskloofpas, 7654, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhZlUMczZiBCY0edelPWZxwRFHDsPs7vTMC16j658ovOZASxFz2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R840 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Off the 301 Eerste Tol 7654 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.616281348747 19.101139793395
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem