McCottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

McCottage is 'n veilige, knus huisie met 'n pragtige uitsig oor die Noordhoekvallei, Chapmanspiek en Atlantiese Oseaan in die verte. Die huis het houtbalke aan die binnekant wat dit koel hou in die somer en warm hou in die winter. McCottage is op 'n residensiële erf waar die eienaars woon en het direkte toegang tot Tafelberg Nasionale Park.

Die huis het 2 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis, leef- en eetarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf. Daar is ook 'n pizza-oond. Die oopplan-leefarea het 'n eetkamerstel en 'n sitarea met 'n kaggel. Oorgenoeg parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaan drink 'n glasie wyn by Cape Point Vineyards, sowat 1,7 km van hier af, of geniet 'n skemerkelkie en braai op die houtdek. Noordhoek Farm Village bied ook lieflike restaurante en kroeë.

Die gasheer het lewenslange ervaring in die plaaslike en internasionale gasvryheidsbedryf en staan gereed om gaste in en uit te klok, bystand te verleen en raad te gee.

Slaapplek

'n Bespreking by McCottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na McCottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R875 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za