McGregor Akkommodasie by McGregor Cottages - Aloe Cottage | LekkeSlaap
+21

McGregor Cottages - Aloe Cottage

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barrystraat 6, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Aloe Cottage is 'n pragtige, klassieke kothuis in McGregor, 'n stil dorpie in die Wes-Kaap se berge. McGregor is net 10 minute van Robertson af en is op die bekende Roete 62. Die dorp spog met 'n gewilde wynroete, verskeie stap- en voetslaanroetes, en verskeie historiese geboue.

Die grasdakkothuis het slaapplek vir 2 gaste en is ideaal vir 'n wittebroodpaartjie of romantiese wegbreek. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort.

Die knus oopplan-kombuis is met 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en broodrooster toegerus. Die leefarea het 'n kaggel, bank en 'n etenstafel en lei na 'n privaat patio met 'n braai-area. Ander geriewe sluit veilige parkeerplek, toegang tot 'n lowerryke tuin en 'n alarmstelsel in.

Die gasheer sal gaste met aankoms verwelkon en sal beskikbaar wees om te help gedurende gaste se verblyf met enige verdere vrae of vereistes.

Besoekers kan McGregor se restaurante, kroeë, natuurreservate, gholfbane of wynplase besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by McGregor Cottages - Aloe Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 7 resensies vir McGregor Cottages - Aloe Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Barrystraat 6, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink McGregor Cottages - Aloe Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barrystraat 6, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzarM2rwRDsU1d9tuDU52jm82nHklbr2AyQBJJPJ71mU4veOckk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 6 Barry Street McGregor 6708 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.943739473739 19.830305129361
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za