McHaven

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

McHaven is 'n selfsorg-tuinkothuis op die eienaar se perseel in Springs, 'n stad aan die Oosrand in Gauteng. Die kothuis is naby die Towers Winkelsentrum, Springs Mall en die N17-snelweg geleë. Mediese geriewe is in die omgewing beskikbaar: privaat en staat, sowel as 3 gholfbane. Die eienaars se honde is op die perseel.

Die kothuis het 2 slaapkamers en bied verblyf vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en is toegerus met 'n spieëltafel, 2 bedkassies, lampies, stoel, haardroër en oorgenoeg kasruimte. 'n Paneelverwarmer en staanwaaier word ook voorsien. Die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens met 'n gedeelde bedkassie en lampie, sowel as 'n ottoman. 'n Paneelverwarmer en staanwaaier word ook voorsien. Daar is geen TV's in die kamers nie. Die badkamer is ingerig met 'n stort, bad, wasbak toilet. Badhanddoeke en linne word voorsien. Albei die kamers het verwarmers, elektriese komberse en ekstra komberse.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Tee, koffie en suiker word verskaf. Daar is verder 'n wasmasjien vir jou gerief. Die leefarea het 'n eettafel met 4 stoele en daar is 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv. Vir die boekwurms is daar 'n biblioteek in die hoofhuis, en speletjies word in die kombuis voorsien.

Die kothuis het 'n stoepie met buitestoele en kyk uit oor die gedeelde tuin. Daar is 'n braai en klein spitbraai beskikbaar, sowel as 'n motorafdak vir 1 voertuig. Troeteldiere word ongelukkig nie op die perseel toegelaat nie aangesien die eienaar se honde vrylik op die perseel rondbeweeg. 'n Speelparkie met 'n klein trampolien, swaai, glyplank en wipplank is beskikbaar vir kleuters.

Rook is verbode in die kothuis. Etes moet asb. by die etenstafel geeet word. Moet asb. nie die honde voer nie, ons wil hulle nie aanmoedig om lastig te word nie en hulle word nie binne toegelaat nie. Neem asb. die bure in ag en moenie raas nie.

Kom ontspan en geniet jou wegbreek by ons.

Slaapplek

'n Bespreking by McHaven sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na McHaven gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]