Umtentweni Akkommodasie by Mdoni House Gaste Lodge | LekkeSlaap
+47

Mdoni House Gaste Lodge

B&B
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norwoodstraat 10, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 060 R848 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die rustige ligging van ons groot subtropiese tuin teen die hange van die berg, nooi jou uit om te ontspan wanneer jy opdaag by Mdoni House Guest Lodge in Umtentweni, 'n natuurlike tuinvoorstad wat geleë is aan die kus van die Indiese Oseaan.

Wandel deur die antieke, inheemse en eksotiese bome, bespeur die swerms voëls en apies wat die tuin hulle tuiste gemaak het. Of geniet ontbyt of skemerkelkies op boomtopvlak langs die sprankelende swembad, met 'n uitsig van die see deur die bome.

Ons 4 dubbel- en 2 gesinskamers is almal en suite en aantreklik versier, asook toegerus met plafonwaaiers, yskas, TV, DStv en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbyt word in die buitelug langs die swembad bedien, satelliet-TV is beskikbaar in die gaste-sitkamer, en daar is volop veilige skadu-parkeerplek.

Ons is ongeveer 2,5 km weg van die gewilde Umtentwenistrand - ideaal vir swem, branderplankry, sonbaai of hengel, en daar is verskeie nabygeleë restaurante en winkels.

Port Shepstone is slegs 2 km ver waar daar 'n verskeidenheid van winkels, restaurante en wegneem-eetplekke beskikbaar is, en daar is vele natuurlike besienswaardighede nader as jy hou van omgewingsbesigtiging, wandel of voëls waarneem. Vir die meer avontuurlustiges is daar abseil, wildswaai, haaihokduik, skubaduik, snorkel, walvis- en dolfynkyk, 4x4 roetes ens. Jy kan ook die kunsvlyt-roete neem of 1 van ons museums of kunsgalerye besoek.

Daar is 'n rykdom van uitnemende gholfbane beskikbaar - 11 binne 'n radius van 50 km vanaf Umtentweni, met die naaste Port Shepstone se Buiteklub, slegs 2 km van ons deur af, en wat ook ander sportgeriewe aan gaste bied.

Ons is ideaal geleë, ongeveer 'n uur per motor vanaf Durban, en binne maklike bereik van alle Suid-Afrikaanse besienswaardighede en hoofroetes. Jean en Carl sien daarna uit om jou te verwelkom by ons huis in "Die Paradys van die Zulu-koninkryk."

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 11 resensies vir Mdoni House Gaste Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Norwoodstraat 10, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mdoni House Gaste Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 060
Vanaf R848
per nag (vir 2 persone)
was R1 060
Vanaf R848
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Norwoodstraat 10, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4ZTNkMzc2LWU1YTgtNDYyYi04MTllLTZjNDA5Y2M1Yjg4OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 060, nou Vanaf R848  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 10 Norwood Road Umtentweni 4235 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -30.722155641842 30.461418628693
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za