Me Casa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Me Casa is 'n moderne oopplan-woonstel wat net 10 minute van die strand en hartjie van Kleinmond in die Overberg af is.

Die woonstel bied slaapplek aan 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 klein kinders. Dis gerieflik gemeubileer en het 'n dubbelbed in die leefarea en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Let asseblief daarop dat die stort 'n gasgeiser gebruik. 'n Slaapbank in die braaikamer is ook beskikbaar vir 'n volwassene of 2 klein kindertjies. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke en komberse saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat toegerus is met 'n oondjie en stoof, mikrogolfoond en yskas-vrieskas. Gaste kan hul maaltye by die ontbyttoonbank nuttig, of in die sitarea ontspan voor die TV met volledige DStv. Die eenheid bied uitsigte op die berg en oor tuin.

Die braaikamer het 'n TV met DStv. Die eenheid kyk ook op die berg en oor die tuin.

Dit is 'n toe erf met 'n afstandbeheerde elektriese hek en dus is die verblyf troeteldiervriendelik. Troeteldiere word egter nie op beddens en meubels toegelaat nie en gaste is self daarvoor verantwoordelik om agter hul diere skoon te maak voordat hulle die perseel verlaat. Daar is ook 'n alarmstelsel.

Me Casa is sentraal geleë, naby die strand, besighede en winkels, 'n gholfbaan en verskeie staproetes. Van hier af kan gaste ook Bettysbaai, Pringlebaai, Hermanus en Gansbaai verken, wat nie een meer as 40 km van Kleinmond af is nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Me Casa sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Me Casa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false