Meander Manor Gastehuis & Wedding Venue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Meander Manor Gastehuis & Trouplek is aan die kant van 'n heuwel geleë wat oor die Dolfynkus van KwaZulu Natal by Shaka's Rock, kyk. Hierdie 4 ster gastehuis met 14 suites is versigtig gemeubileer om gemak en rommelvrye leef te voorsien. 'n Formele sitkamer, TV kamer en skemerkroeg wat oor die verhitte swembad kyk dra by tot die atmosfeer. Die perseel is gelig met onbelemmerde uitsigte van die Indiese Oseaan en slegs 500 meter van die strand af. Alle kamers het lugversorging, tee- en koffiemaak-fasiliteite en 'n TV.

Die huis het onlangs 'n groot trou-/konferensiefasiliteit (wat spyseniering vir tot 200 gaste kan doen) bygekry met moderne fasiliteite. Genoeg parkering op die perseel en volle sekuriteit voltooi die pakket.

Van die oomblik wat jy by ons gastehuis instap deur die groot dubbeldeure word jy deur ons vriendelike, effektiewe personeel verwelkom en die uitgebreide oop sit- en eetkamerareas wat oor die oseaan kyk. Meander Manor het 'n weelderige gevoel geskep deur ons versigtig gekiesde kwaliteit meubels en toerusting, met delikate sorg in die meubilering van die gastehuis om by die majestieuse Indiese Oseaan uitsig te voeg wat as ons fokuspunt regdeur die gastehuis is en bydra tot ons vriendelike en uitnodigende atmosfeer terwyl daar gelyktydig die ewige seevakansie-gogga in ons gastehuis is.

Vir kranige gholfspelers is 'n aantal top klas gholfbane naby Meander Manor en reëlings kan by die gastehuis vir jou vervoer na en van hierdie plekke gemaak word.

Kontinentale ontbyt word volgens ons gaste se tydskedules en vereistes bedien sodat 'n dag se inkopies of luiwees op die strand geakkommodeer kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Meander Manor Gastehuis & Wedding Venue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 010 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false