Kranspoort Akkommodasie by Meerkat Manor | LekkeSlaap
+22
+22

Meerkat Manor

  • Vanaf R2 000 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 377, Kranspoort, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Meerkat Manor is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in Kranspoort, 'n klein vakansiedorpie naby Middelburg.

Die akkommodasie bied slaapplek aan 8 volwassenes in 4 slaapkamers en daar is 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 2 volledige badkamers met bad- en stortgeriewe. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens. Die leefarea het 2 slaapbanke vir kinders jonger as 4 jaar.

Die oopplan-kombuis het 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas. Daar is ook 'n stoorkamer, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n lessenaar en stoele. Die sitkamer bied toegang tot die dek en lapa met 'n swembad en 'n skuur wat in die somer gebruik kan word. Daar is ook 'n boma en veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.

Kranspoort Vakansiedorp is 'n wild- en gholflandgoed tussen Middelburg en Groblersdal in die pragtige woud van Mpumalanga naby Loskopdam. Dis beslis 'n voëlkykparadys. Daar is wild wat vrylik rondloop op dié eiendom van 120 hektaar. Kranspoort het 'n groot verskeidenheid wild, met hiënas, luiperds, jakkalse, koedoes, rooihartbeeste, kameelperde, blouwildebeeste, duikers, vlakvarke, sebras, njalas, bokke en appelliefies. Die seekoeie en krokodille in die Kranspoortdam verhoed dat gaste in die dam swem, maar dis lieflik vir natuurliefhebbers. Daar is verskeie parke en piekniekareas op die perseel. Daar is doendinge soos voetslaan, bergfietsroetes, visvang, swem, wildkyk en voëlkyk in die omgewing.

Daar is ook 4x4-roetes waar gaste die natuur kan bewonder. 'n Spesiale area is vir jukskei skoongemaak. Die kranspoort-gholfbaan is deur Matkovich en Hayes ontwerp en dis een van die beste 9 putjie-gholfbane in die land. Daar is ook kroeggeriewe, 'n gemeenskaplike swembad, restaurant en geskenkwinkel.

Slaapplek

’n Bespreking by Meerkat Manor sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 12 resensies vir Meerkat Manor
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Steenbokstraat 377, Kranspoort, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Meerkat Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 377, Kranspoort, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmMDUzMjcwLWZlYjctNDcyYi04ZDk5LTY2ZGRlMTdhNWU3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 8 persone) 12 5 1 5 377 Steenbok Street Kranspoort 1050 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -25.42341 29.42969
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za