LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Meerlust Quarters | LekkeSlaap
+36

Meerlust Quarters

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meerlust Landgoed, R310 Baden Powell-rylaan, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 950 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

Meerlust Quarters bied selfsorgverblyf op die Meerlust Landgoed. Die Myburgh-gesinshuis is al vir 8 generasies in die familie met slaafkwartiere wat oorgedoen is om die mees ongewone verblyf te verskaf.

Die gebou is agter die geskiedkundige Kaap-Nederlandse huis waar die huidige eienaar Hannes Myburgh woon en 'n kort entjie vanaf die proelokaal geleë. Die argitektuur weerspieël die era waaruit dit kom, met hoë, wit mure, vensters met hout rame, Oregon pine-vloere en antieke meubels. Die verlede is baie sigbaar, maar tog is daar steeds moderne elemente om jou terug te bring na die 21ste eeu. Daar is ook verskeie dekor-items wat die plaaslewe weerspieël en die ganse sal in die oggend as jou alarm dien.

Daar is 2 slaapkamer-suites elk met 'n koninggrootte-bed en 'n elegante en suite-badkamer. Die eerste suite het 'n stort-oor-bad in die badkamer en die tweede suite het net 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus en die eetarea is met lewensgrootte-vlae versier en het 'n etenstafel vir 14. Die hoofsitarea het 'n kaggel en 'n TV met DStv. Die hoë plafon en dik mure hou die kamers koel in somer. WiFi word voorsien. Buite is 'n stoep met buitemeubels en 'n Weber-braai.

Diegene wat nie lus het om kos te maak nie kan reël dat die Manor House middagete of aandete na die eenheid bring.

Die wynproekamer is net 'n minuut vanaf die eenhede en spog met 'n uitstekende reeks kwaliteitswyne. Dié wyn kan ook gekoop word om saam met jou middagete en aandete te geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Meerlust Quarters sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Meerlust Landgoed, R310 Baden Powell-rylaan, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R3 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meerlust Landgoed, R310 Baden Powell-rylaan, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbc96357b57dcd372d1e19a3716aeb10caccd5d1afb5ba620df23d3ebfef995a773b7d2d223e85b1b0141edc2f73350d850b8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 950  per nag(plek vir 4) Meerlust Estate R310 Baden Powell Drive 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.017024461889 18.757181167603
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!