Van Riebeeckstrand Akkommodasie by Melkbos Home | LekkeSlaap
+16

Melkbos Home

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Seagullstraat 18, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Melkbos Home is in Melkbosstrand geleë en dit bied ruim, veilige en gerieflike verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Die huis is naby talle winkels, restaurante en ander geriewe en dit is net 'n kort entjie van die strand af.

Daar is 3 slaapkamers met slaapplek vir altesaam 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die huis het ook lugversorging, 'n platskerm-TV in die sitarea en toegang tot 'n onderdakstoep. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en deel die tweede badkamer. Dis toegerus met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Linne, handdoeke en basiese toiletware word voorsien.

Die kombuis is toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg en 'n eetarea met sitplek vir 12. Daar is 'n gesellige kaggel vir koue wintersdae en -nagte. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en daar is 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi gedurende hulle verblyf.

Daar is 'n groot onderdakstoep met braaigeriewe wat gaste kan gebruik.

Alhoewel die huis in 'n veilige woonbuurt is, is daar ekstra sekuriteit sodat gaste gemoedsrus kan hê. Dit sluit 'n moderne alarmstelsel en bewegingsensorstrale in.

Tafelberg, V&A Waterfront, die Kaapse middestad, wynroetes en Langebaan strandmeer is net 'n uur se ry van die huis af. Blaauwberg Netcare Hospitaal is sowat 10 minute se ry en die bekende Atlantic Beach Gholflandgoed is ook naby. Die MyCiti-bushalte is stapafstand van die huis af.

Slaapplek

’n Bespreking by Melkbos Home sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Melkbos Home
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Seagullstraat 18, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Seagullstraat 18, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM1YjM1YWMxLTAxNTgtNDdkNy05M2EyLWQ3NGU5ZDkzYjZkMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 18 Seagull Street Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 10:00-18:00 12:00 -33.703333710618 18.445654660463
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za