Melkbos Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Melkbos Studio is 'n ruim selfsorg-eenheid op die eerste verdieping in 'n kompleks wat in die stil kusdorpie Melkbosstrand geleë is. Die woonstel bied uitstekende see-uitsig.

Die ruim ateljeewoonstel is 'n oopplan-slaapkamer, sitkamer, eetarea en kombuis. Die slaaparea is ingerig met 'n koningingrootte-bed en daar is 'n dubbelslaapbank vir kinders tot 12 jaar oud in die sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, ys-vrieskas, eetgerei en breekware. Die badkamer is apart en het 'n stort, wasbak en toilet.

Gaste is welkom om te braai op die balkon, en die onbelemmerde uitsigte oor Tafelberg en Robbeneiland te geniet. Daar is trappe wat van buite af toegang bied tot die woonstel en is ongelukkig nie rolstoelvriendelik.

Die studio is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders tot en met 12 jaar. Ongelukkig geen rook toegelaat in die studio nie.

Melkbos Studio is 50 m vanaf die see en sorg vir n heerlike staproete op die spierwit strand. Melkbosstrand is 40 km vanaf Kaapstad en 20 km tot by die Durbanville-wynroete.

Slaapplek

'n Bespreking by Melkbos Studio sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Melkbos Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false