Bela-Bela Akkommodasie by Mellowood House | LekkeSlaap
+26

Mellowood House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thaba Moriri 23, Bela-Bela, 0481, Limpopo
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mellowood House bied B&B-verblyf op 'n privaat wildplaas net 17 km vanaf Bela-Bela. Dit is ideaal vir gaste wat op soek na gerieflike blyplek lekker naby verskeie wildreservate ver van die stad se rumoer af. Daar is 'n 5,6 km lange grondpad wat na die huis lei, so ons is ver van die teerpad af. Rus en stilte is gewaarborg en al wat jy sal hoor is die voëlsang! Daar is streng geraasregulasies. Geen geskree, luidrugtige TV of musiek word toegelaat nie. Dis 'n Bosveld-oord.

Verblyf word aangebied in 2 kamers en 1 woonstel wat elkeen uniek en smaakvol versier is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n TV, gratis WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Die woonstel sluit ontbyt vir 2 volwassenes in.

'n Volledige Engelse ontbyt word in die eetarea of op die stoep bedien. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Daar is 'n minimum bespreking van 2 nagte oor naweke.

Mellowood House word bereik deur middel van 'n grondpad en gaste is welkom om wildritte te onderneem en die 4x4-roetes te verken. Gaste kan ook spesiale aanbiedings vir 'n rondte gholf by die nabygeleë Zebula Gholfbaan kry. Daar is 2 klein honde op die perseel - hulle byt nie. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Mellowood House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Thaba Moriri 23, Bela-Bela, 0481, Limpopo
  • Gaste dink Mellowood House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thaba Moriri 23, Bela-Bela, 0481, Limpopo
  • Geen kinders onder 3
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5pEsyfGMc4pDVpCB5FMJh666mtqRMf8M6ZTTpt4lvnYWwcK3tk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 23 Thaba Moriri Bela-Bela 0481 Limpopo 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -24.834092249411 28.159036309193
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za