Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Menlo View Guest Rooms

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Geen kinders onder 2
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Menlo View Guest Rooms is selfsorgeenhede en is in Menlopark in Pretoria-Oos geleë. Menlopark is 'n stil woonbuurt, wat ryk aan bome en voëllewe is. Die restaurante by The Village is in 'n feetjielig wonderland omskep en is stapafstand van die eenheid af.

Die Familie de Luxe-eenheid bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed in 'n ander area wat met muurafskortings geskei word. Die kamers deel 'n badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n leefarea tussen die kamers met 'n volledige kombuis, sofa en 'n tafeltjie met stoele. Daar is 'n verstelbare platskerm-TV teen die muur met DStv.

Die Tuinkamer bied slaapplek aan 2 gaste en daar is 3 trappies wat na die houtdek lei. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die sitarea het 'n slaapbank en 'n TV met DStv-kanale. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, ketel, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Gaste het toegang tot gratis WiFi, DStv en die tuin. Daar is ’n privaat stoep vir elke eenheid. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Menlo View Guest Room is naby talle hospitale in die ooste van Pretoria, Menlyn Mall, Menlyn Maine, Sun Arena, Times Square en die Oog Instituut is maklik bereikbaar van hier af.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 237 resensies vir Menlo View Guest Rooms
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Menlo View Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24ste Straat 40, Menlo Park, Pretoria-Oos, 0081, Gauteng
  • Geen kinders onder 2
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF5SDON2oJl9wGVsR9k8XaaTAj64EEvOH9TUldXaIzS1vxDdsUG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 237 5 1 5 40 24th Street Menlo Park 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -25.774845295098 28.26432388541