Mermaid's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mermaid's Rest is 'n dubbelverdieping-selfsorgvilla in Pearl Bay, Yzerfontein. Dit bied pragtige see-uitsigte met Tafelberg en Dassen-eiland in die agtergrond.

Dié villa het 5 slaapkamers, 5 badkamers waarvan 3 en suite is, 2 leefareas en 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg. Let asseblief daarop dat die verblyf vir 'n minimum van 8 gaste geskik is.

Die onderste verdieping het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea en kombuisie. Die 2 gedeelde badkamers het elkeen 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die leefarea het 'n sitarea met 'n TV en kombuisie met 'n yskas-vrieskas en mikrogolfoond.

Die eerste verdieping het 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n tweede leefarea. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer bevat 2 beddens vir kinders en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelbed in die sesde kamer. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, ketel, wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, rusbanke en 'n TV met 'n DVD-speler. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n ingeboude braai en stoepmeubels.

Daar is ook 'n motorhuis, draagbare braai en 'n klimraam op die grasperk buite. Die eiendom het parkeerplek vir 4 voertuie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mermaid's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 550 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za