Seaforth Akkommodasie by Meryl Views | LekkeSlaap
+19

Meryl Views

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meryl-weg, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Meryl Views is 'n selfsorghuis in Seaforth, Kaapstad. Die instansie is slegs 2 km vanaf Bouldersstrand en Simonstad se hawe geleë.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 'n enkelbed met 'n uittrek-matras. Hierdie 2 kamers het toegang tot 2 aparte badkamers wat elk 'n stort en verhitte handdoekrelings het.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n aparte wasgoedarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n etenstafel vir 6 en die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel.

Die leefarea lei na 'n balkon met draagbare braaigeriewe en 'n mooi uitsig oor Valsbaai. Die huis het WiFi, 'n alarmstelsel en daar is parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Meryl Views sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Meryl-weg, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meryl-weg, Simonstad, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAr0Obqnv6sc0Jbz2T7xhp42ROnVRL2RIu3qYfLfAjDPpXhoRPXI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) Meryl Road Simon's Town 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.19986 18.446641
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za