Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mi Casa Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Geen kinders onder 4
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mi Casa Selfsorg bied verblyf in Sinoville in die noorde van Pretoria. Die 3 eenhede is deel van die hoofhuis, maar het elk hul eie, privaat ingang, badkamer, kombuisie en geriewe.

Die ruim ateljeewoonstel, Mi Casa, het 'n balkon en bied slaapplek vir 4 gaste. Die slaapgeriewe beskik oor 'n dubbelbed en 'n dubbel-slaapbank met 'n futonmatras - dis beter geskik vir jong kinders. Die volledige en suite-badkamer het 'n outydse emaljebad en 'n stort. Gaste moet egter in staat wees om 12 trappe tot by die privaat balkoningang te klim.

Die eenheid beskik oor 'n kombuisie met 'n twee-plaatstofie, yskassie en mikrogolfoond. Die sit-area het 'n TV en HD OpenView, maar ongelukkig geen DStv. Een veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Gaste het toegang tot die swembad en 'n Weber-braai.- reel vooraf met gasvrou

Alhoewel die eenheid aan die agterkant van die erf geleë is, is dit wel oorkant 'n skool en langs 'n skool, so sporadiese geraas kan verwag word gedurende die week.

Die Buona Vista-eenheid vorm deel van die woonhuis, maar het 'n eie, privaat stoepie en 'n vol en suite-badkamer met 'n bad en handstort. n Klein kombuisie vir ligte ete-bereiding is beskikbaar. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. Die eenheid is aan die agterkant van die erf en het 'n uitsig oor die tuin. Braaigeriewe is beskikbaar. SIegs basiese understeuning met Beurtkrag.

La Casetta is 'n eenheid wat geskik is vir 2 gaste, dit is apart van die hoofhuis en het 'n privaat ingang en parkeerplek. Daar is ook 'n toegeruste kombuis met yskas-vrieskas, gas-stoof. Slegs basiese ondersteuning met Beurtkrag.

Die woonbuurt is 'n tipiese voorstad en bied maklike toegang tot skole, kerke, inkopiesentrums, restaurante, aftree-oord, die Wonderboom Lughawe, Onderstepoort en Montana hospitaal. Verwag tipiese sporadiese geraas en verkeer. Die ligging is gerieflik vir toegang tot Limpopo en ander nasionale roetes soos die N1-suid en die N4. Kort uitstappies na Bela-Bela se warmwaterbronne en oorde, wildreservate, Dinokeng ensovoorts is 1 uur se ry van hier af.

Mi Casa maak ook voorsiening vir langer verblyftydperke en spesiale tariewe geld in hierdie gevalle. Sekere huishouding/wasgoed-opsies kan dan ook ingesluit word. Bespreek asb. vooraf met die gasvrou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 24 resensies vir Mi Casa Selfsorg
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink Mi Casa Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Geen kinders onder 4
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmODkwNDYwLTc5YjEtNDViYi05YTNhLTZmMTNmM2I2OGMyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 266 Antun Street Sinoville 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.678664453341 28.222264945507