Michaelpointe

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Michaelpointe Apartments is teenaan die kuslyn geleë en het ononderbroke, 180°-uitsigte van die branders en die see. Dié moderne ontwikkeling is slegs 'n hanetreetjie vanaf die gewilde St Michaels-strand, 'n getypoel en die strandmeer. Daar is ook 'n restaurant en 'n kroeg op die strand, lewensredders en ander doendinge naby die woonstel en 'n verskeidenheid kroeë, eetplekke en winkels is binne stapafstand. Plaaslike besienswaardighede om te besoek sluit ons wêreld 9-putjie gholfbaan, die Wild Coast Sun Casino en waterpretpark, die merkwaardige Oribi-kloof, slangparke, krokodilplase en resiesbane in.

Dié beeldskoon gemeubileerde woonstel is afgewerk in roomkleure en donkerhout. Dit is op die tweede vloer en bied fantastiese uitsigte. Jy hoef skaars jou kop van die bed of rusbank te lig om die walvisse en dolfyne in die branders te sien baljaar. Daar is 2 sonnige slaapkamers met vensters van die vloer tot die plafon, elkeen met 'n dubbelbed en 'n derde, ligte slaapkamer met 'n dubbelbed. Elkeen van die 3 slaapkamers het 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n bad en die ander twee het elkeen 'n stort.

Die graniet- en mahoniehout-kombuis is volledig toegerus en het 'n wasmasjien en alledaagse kookgeriewe wat jy sou benodig. Die ruim, oopplan-leefarea het 'n etenstafel en gerieflike sitkamer met 'n platskerm-TV en DStv Compact. Die leefarea het stapeldeure wat heeltemal oopmaak om die uitsigte en klanke van die see en die uitsig vanaf die balkon bloot te stel. Daar is 'n gasbraai beskikbaar op die balkon.

Die kompleks het veilige palissade-heinings en 'n afstandbeheerde hek. Die eenheid het 'n aangewese privaat motorhuis wat groot genoeg is vir 'n groter voertuig en waentjie of 2 kleiner motors. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie swem- en badhanddoeke voorsien. Die eenheid word skoon en toegerus met toiletpapier en bad- en skottelgoedwasseep aan gaste beskikbaar gestel, maar geen skoonmaakdienste word gedurende verblyf voorsien nie en die genoemde verbruikbare produkte word ook nie vervang nie, tensy so versoek word. Vervanging van verbruikbare produkte op versoek is onderhewig aan beskikbaarheid en 'n fooi.

Slaapplek

'n Bespreking by Michaelpointe sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Michaelpointe gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 180 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false