Mijnzorg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mijnzorg bied gerieflike selfsorgverblyf vir 4 gaste in Worcester.

Die verblyf bestaan uit 2 slaapkamers en beddegoed, handdoeke en olieverwarmers word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Daar is 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Beskuit word voorsien. Aandete kan op versoek teen 'n ekstra koste voorsien word.

Die sitkamer het 'n TV met volle DStv, 'n DVD-speler, WiFi en 'n uitsig oor die Worcester Gholfklub. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Mijnzorg is 600 m vanaf die Worcester Gholfklub, 1,1 km vanaf die Karoo Nasionale Botaniese Tuine en 5 km vanaf die Fairy Glen Privaat Wildreservaat en die Golden Valley Kasino. Worcester bied verskeie besienswaardighede soos wynkelders, restaurante, museums, die Fossielroete, die Kleinplasie Buitelugmuseum en vele meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Mijnzorg sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mijnzorg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false