Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Milkwood Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 152-154 Seventh Straat, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 030 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Milkwood Lodge word omring deur 'n inheemse tuin en ou gelyste - en beskermde - melkhoutbome.

Verblyf bestaan uit 'n hoofhuis, 'n alleenstaande kothuis en 'n afsonderlike blok gastekamers, asook buitegeboue. Aangrensend aan die swembad is 'n afsonderlike gebou wat uit 3 kamers bestaan, elk met sy eie private patio en private ingang. Die en suite-slaapkamers het 'n bad en instapstort. Al die kamers is toegerus met TV, yskas en tee- en koffiegeriewe, ondervloerverhitting, waaier, muurkluis, haardroër en internasionale muurproppe.

Kamer 1, reg langs die swembad, het 'n koninggrootte-bed wat op versoek met twee enkelbeddens vervang kan word.
Kamer 2 het 'n koningingrootte-bed, sowel as 'n enkelbed. Hierdie kamer het 'n ten volle toegeruste kombuisie met yskas, mikrogolf, oond en warmplaat.
Kamer 3 het twee enkelbeddens en 'n derde enkelbed is op versoek beskikbaar om die kamer vir 3 persone geskik te maak.

In die hoofhuis is daar:
'n Reuse kamer op die boonste verdieping met 2 dubbelbeddens wat met 'n private trap bereik word. Die 2 dubbelbeddens is geskik vir 'n gesin of vir 2 enkellopende persone wat saam reis. Die badkamer het net 'n stort. Die klein kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf en yskas.
Op die grondvloer is 'n dubbelkamer met 'n koninggrootte-bed, aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met bad en stort. Die private binnehof het 'n hek wat dit regstreeks met die tuin verbind.

Ons luukse kothuis beslaan 130 vkm en het 'n slaapkamer met koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n aantrekkamer. Die badkamer het 'n bad en instapstort. Daar is 'n afsonderlike gastetoilet. Die leef-/eetkamer is toegerus met 'n TV, DVD, sitkamerstel, eetkamertafel en -stoele en twee banke wat, indien nodig, as enkelbeddens vir die kinders opgemaak kan word. Die kombuis is ten volle toegerus met warmplaat, oond, mikrogolf, ys-/vrieskas, wasmasjien, broodrooster, messegoed, breekgoed ens.
Die gerieflike patio het 'n uitsig op die berg.

Die swembad grens aan 'n patio met braaigeriewe vir die gebruik van die gaste en dit is uiters gewild, veral wanneer mense al lank met vakansie is en moeg is om uit te eet. Mandjies met breekgoed en messegoed word voorsien vir die kamers wat nie kombuisgeriewe het nie.

Ons maak vir almal voorsiening met ons gesonde, stewige en vegetariese opsies.
Gratis draadlose internet.
24-uur wasgoeddiens.
Veilige parkering op die terrein.
Sommige kamers is ideaal vir gesinne.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Milkwood Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • 152-154 Seventh Straat, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Milkwood Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 030
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 030
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 152-154 Seventh Straat, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4OTM3MzNhLTQyODUtNGYxZS05MTQwLTlhMDYxNTY0YzU4YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 030 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 152-154 Seventh Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 11:00 -34.408042676227 19.284900426865