Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Milkwood

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Njala 2920, Marlothpark, 1470, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Milkwood is 'n selfsorghuis in 'n pragtige bewarea op die grens van die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Dis die ideale akkommodasie vir 'n groep vriende of familie wat in die stilte en rustigheid van die bos wil wegbreek en batterye herlaai. WiFi is beskikbaar.

Hierdie gerieflike huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers, insluitend 'n buite-badkamer. Die kamers is opgemaak in ligte skakerings en toegerus met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met badkamers wat 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet het. Die kombuis, sitkamer en eetkamerarea is oopplan en die kombuis is ten volle toegerus sodat jy na hartelus kan bak en brou. Die kombuis het geriewe soos twee yskaste, 'n gasstoof, 'n skottelgoedwasser, 'n ysmasjien, 'n watersuiweraar, tee- en koffiemaakgeriewe en oorgenoeg ingeboude kaste vir enige breekware en eetgerei.

Die sitkamer bied gemaklike sitplek en 'n TV met OVHD waarmee gaste hul slimkaart en dekodeerder kan konnekteer. Die eetarea het 'n houttafel en -stoele. Die huis het ook lugversorging en 'n 12 volt-ligstelsel en 2500 liter water indien daar onderbrekings is. Gaste kan ook die beskutte stoep benut met 'n groot kuierdek met braaigeriewe. Op die grondvlak is daar 'n plonspoel om in af te koel in die warm somermaande wat vas is aan die dek.

Milkwood bied 'n enkelmotorhuis vir 1 voertuig en daar is ook 'n wasmasjien in die motorhuis. Van tyd tot tyd sal nagapies en duikers saans kom inloer, en soms sal 'n sebra ook 'n draai maak by die kombuis en skimp vir 'n wortel. Gaste sal bekoor word deur die verskeidenheid wildgeluide en 15 minute se ry weg, bied die Krugerwildtuin ook 'n magdom dinge om te sien en te doen.

Die eiendom maak van sonkrag tydens beurtkrag gebruik. Alles behalwe die lugversorgers kan gebruik word. Afhangende van sonskyn en jou gebruik sal die stelsel minstens 2, 5 uur hou.

Slaapplek

’n Bespreking by Milkwood sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Dienste

  • Kamer daagliks skoongemaak
  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Milkwood
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Beverly Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Jaar gelys 8

Ligging

  • Njala 2920, Marlothpark, 1470, Mpumalanga
  • Gaste dink Milkwood het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Njala 2920, Marlothpark, 1470, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2NmYzMjJiLTVlYTgtNDJjNy1hZWJmLTJlZGJmMjVhY2UwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 2920 Njala Marloth Park 1470 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.339411107527 31.795020728836
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem