Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Millstream Inn Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 350 van Skeerpoort-plaas, Skeerpoort, 0260, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R756 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Millstream Inn Guest House bied gastekamers en dit is op 'n privaat perdelandgoed geleë, in Skeerpoort, 7 km van Hartbeespoort af. Daar is ook damme in die area waar gaste kan visvang en 'n piekniek geniet. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede. Millstream Inn Guest House bied ook klein trou-venues, teen geen ekstra koste as jy die hele gastehuis vir die naweek bespreek.

Verblyf word aangebied in executive selfsorgkamers wat smaakvol versier is. Die kamers is ingerig met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte of baddens, asook wasbakke en toilette. Kamers 1, 2 en 3 het elk 'n kombuis met toebehore vir selfsorg en Kamers 6 en 5 het kombuise op die stoep met ’n stoof, eetgerei, potte, panne, ’n mikrogolfoond, ’n braai en ’n yskas. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Elke kamer het sy eie braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar. Millstream Inn Guest House is naby konferensie- en trougeriewe geleë sowel as talle binnenshuise en buitelug-doendinge. Die perseel word omring deur pekanneutbome, lusernvelde en die Magaliesberge. Gaste is welkom om na die talle damme op die perseel te stap en pieknieks daar te geniet. Klein troues kan ook hier gehou word. Gaste kan ook op 'n vang-en-vrylaat-basis visvang.

Vir die kinders is daar groot grasperke en baie bome. Die damme het eendjies en visse en daar is baie voëllewe. Hoenders en hase loop oral rond. Daar is een mak volstruis en skape met lammers. Gaste kyk uit op die Magaliesberge.

Daar is ’n bekende spa net 800 m van die instansie af. Ontbyt, middagete en aandete kan by die restaurant bestel word en dan afgelewer word aan gaste. Die spyskaarte is in die kamers. Millstream Inn kan ook wildritte na 'n nabygeleë lodge reël waar gaste die Groot 5 en ander spesies kan sien en middagete kan geniet. Gaste word dan by Millstream Inn opgetel en weer hier afgelaai als teen 'n baie goeie prys.

Gaste kan 'n gourmet-piekniekmandjie op die groot grasperk met 'n uitsig op die Magaliesberg langs een van die damme geniet. Piekniekkombersies met kussings en sambrele kan deel wees van die romantiese piekniek op die perseel. Piekniekbederfies sluit verskeie slaaie, kaas, kouevleise en 'n braai met verskeie vleissoorte in. 'n Bottel yskoue vonkelwyn en nagereg is ook beskikbaar om die maaltyd mee af te sluit.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 188 resensies vir Millstream Inn Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Erf 350 van Skeerpoort-plaas, Skeerpoort, 0260, Noordwes
  • Gaste dink Millstream Inn Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R756
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R756
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 350 van Skeerpoort-plaas, Skeerpoort, 0260, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5e3c16e94370ef088a38c207131247d03330f685fc3999f40d100a1c8d8c69b2d99d0461ca52fb03baeb363afb2563a448a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R756 per nag (plek vir 2) 188 5 1 5 Portion 350 of the farm Skeerpoort Skeerpoort 0260 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.780134128981 27.763763875008