Minnitokka

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Minnitokka is 'n selfsorghuis stapafstand vanaf die strand in Struisbaai. Die huis se ruim en gerieflike interieur maak dit ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Die huis is smaakvol gemeubileer en het houtvloere. Die huis het 3 slaapkamers. Die eerste 2 het dubbelbeddens en 'n enkelstapelbed en die derde het 2 driekwartbeddens. Daar is 2 volledige badkamers, elk met 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n gas-elektriese stoof en oond, 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is ook kroegstoeltjies wat die kombuis en die gesellige sitkamer met mekaar skakel. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Daar is 'n eetarea met 'n etenstafel en sitplek vir 6.

Groot glasdeure in die leefarea maak oop op 'n stoep. Gaste het toegang tot 'n ingeboude braai en oorgenoeg spasie in die tuin vir hope pret. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Struisbaai het 'n skilderagtige strand wat 14 km van Struisbaai tot by Arniston strek. Die strand is ideaal vir watersportsoorte soos kajak, bootvaart, branderplankry, lyfplankry, visvang, vlieërbranderry en nog meer. 'n Mens kan ook lekker langs die strand stap, skulpe optel en walviskyk. Kyk ook uit vir die pragtige, reuse pylstertvisse wat in hierdie waters voorkom.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Minnitokka gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false