Miramar Cove 15

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Miramar Cove 15 is in die klein kusdorpie Port Edward, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Ons bied gerieflike akkommodasie wat ideaal is vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Die woonstel is 30 km van Margate af, die perfekte afstand vir 'n daguitstappie.

Hierdie grondvloer-eenheid bied slaapplek vir 6 gaste en is in 'n sekuriteitskompleks geleë. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die kombuis is toegerus vir selfsrog en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n stoof en 'n addisionele vrieskas in die sitkamer in. Die sitkamer en eetkamer het 'n oopplan-uitleg. Op die balkon is daar braaigeriewe sodat jy lekker saam met geliefdes kan kuier. Ander geriewe sluit 'n wasmasjien, lugversorging, 3 TV's, DStv kanale en 'n DVD-speler in.

Die kompleks het 'n groot gemeenskaplike swembad. Parkeerplek van die straat af word voorsien en die kompleks is veilig met toegangsbeheer.

Daar is 'n gholfbaan 1 km van die kompleks af en die swemstrand is 1,5 km weg. Wild Coast Sun Casino en Water World is ongeveer 4 km weg. Die Mtumvuna-rivier is naby, so watersport-entoesiaste kan gerus hul bote en waterponies saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by Miramar Cove 15 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Miramar Cove 15 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R540 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false