Misava Safari Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Misava Safari Camp is in die hartjie van die Krugerwildtuin. Die privaat reservaat, Klaseri Privaat Natuurreservaat, is bekend vir uitstekende wildkyk, fauna en flora en diverse topografie. Daar is daaglikse vlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad na dié landgoed en is slegs 6 ure se ry vanaf Johannesburg.

Misava Safari Camp bied slaapplek aan 10 gaste in 5 luukse chalets met lugversorging. Daar is 3 stylvolle tuinsig-kamers en 2 superieure wittebrood-suites met 'n uitsig oor die Klaserie-rivier. Die chalets is met 'n koninggrootte-bed ingerig en het lugversorging, plafonwaaiers, muskietnette en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke en suite-chalet het 'n verskeidenheid luukse toiletware en die kamer word saans mooi vir gaste voorberei en bied 'n aparte ingang en dek.

Misava Safari Camp kan eksklusief bespreek word of gaste kan per kamer bespreek. Koel af in die randvloerswembad, ontspan by die buitelugkroeg of lees in die biblioteek.

Die kamp is spesifiek ontwerp om uiterse eksklusiwiteit en gemak te bied. Dit het 'n elektriese heining en sluit alle etes, drankies en aktiwiteite in.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Misava Safari Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R13 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za