Misty Dawn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Misty Dawn is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in St. Helenabaai. Die eiendom is in ’n doodloopstraat en sowat 40 m vanaf die see geleë.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n dubbelwasbakeenheid, 'n bad en 'n instapstort. Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas.

Die leefarea het 'n platskerm-TV en DStv. Die leefarea bied toegang tot die onderdakbraai-area en dit lei na die buitebraai-area. Die woonstel het ook 'n ingeboude kluis vir waardevolle items en 'n alarmstelsel. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Misty Dawn is sowat 6 km vanaf restaurante, die hawe en 'n entjie se ry vanaf Shelley Point Gholflandgoed en ander besienswaardighede aan die Weskus.

Slaapplek

'n Bespreking by Misty Dawn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Misty Dawn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za