Mmakuba Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mmakuba Game Lodge skuil in die malariavrye Limpopo-provinsie. Hierdie 600 hektaar-paradys roep natuurliefhebbers en voëlkykers na die koelte onder die inheemse bome. Die lodge bied uitstekende wildkykgeleenthede en 'n gehalte-wegbreek vir gesinne en sakereisigers. Dit word deur die eienaar bestuur en is net 2 uur se ry vanaf O.R. Tambo, net buite Mookgophong. Daar is onbeperkte uitsigte oor die Waterberg-biosfeer, 'n wêrelderfenisgebied, wat rus en die herstel van gaste se balans verseker.

Die lodge se kleurvolle, gesofistikeerde chalets is uitgespasieer onder koeltebome en bied elk en suite-verblyf met 'n unieke Afrika-atmosfeer. Die kamers en die wild-lodge se geriewe is ideaal vir kleiner groepe, individuele reisigers en strategiese sessies vir sakeondernemings. Die lodge het slaapplek vir tot 40 gaste en daar is privaat dekke waar gaste kan sonbaai.

Geniet 'n braai in die boma onder die sterrehemel en neem die aroma van braaivleis of potjiekos in wat om die knetterende vuur hang terwyl die wild misterieus vanuit die Afrika-bos roep.

Kom kyk uit oor die Waterberge, insluitend die bekende Hangklip, terwyl jy watertanddisse by die lodge se restaurant geniet. Makuma streef na 'n nostalgiese bosveldervaring deur persoonlike diens en 'n intieme atmosfeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mmakuba Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za