Mnandi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mnandi is ‘n woonstel op die grondvloer in ‘n veiligheidskompleks, Wonderpark-landgoed. Dit is in Karenpark, Akasia. Jou voertuig kan parkeer word onder ʼn motorstaanplek opgedra aan Mnandi. ʼn Kaart om deur die veiligheidshek in te kom of uit te gaan sal voorsien word.

Die woonstel is ten volle toegerus om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak. Daar is ʼn oopplankombuis en sitkamer, twee slaapkamers en die badkamer is toegerus met ʼn bad en stort. Die bedekte stoep is verbind aan die sitkamer met ʼn skuifdeur. Die veiligheidsomheining gee ʼn gevoel van privaatheid met die skuifdeur wat oop gelos kan word. Stoele en ʼn tafel in die binnehof maak dit ʼn lekker plek vir rokers. (Rokers word nie toegelaat om in die woonstel te rook nie). Vir gemoedsrus word ʼn kluis voorsien waarin waardevolle items toegesluit kan word. ʼn Gesin van ses kan geakkommodeer word. Teen ʼn ekstra tarief is DSTV beskikbaar, vra asseblief wanneer bespreek.

Met die Wonderpark-winkelsentrum ±1km ver, is Mnandi naby verskeie restaurante en wegneemete-geriewe. Daar is ʼn rolprentteater. Akasia Hospital is binne loopafstand. Wonderboom-lughawe is relatief naby (±14km). Hierdie plek is ook geskik vir besoekers aan:
* Onderstepoort
* Rosslyn, (BMW en SAB)
* Pretoria-Noord

Maklike toegang tot die R80 (Mabopane-deurweg) na die suidelike aansluiting met DF Malan wat lei na:
* middestad, varsproduktemark, skougronde
* Loftus-2010-sokkerstadion
* Centurion
* Laudium
* Johannesburg en 2010-sokkerstadion

Maklike toegang tot die R80 (Mabopane-deurweg) na die noordelike aansluiting wat lei na:
* Mabopane – Morula Sun
* Soshanguve
* Ga Rankuwa – Medunsa Hospitaal

The N4 (Platinumweg):
* Rustenburg en 2010-sokkerstadion
* Sun City
* Temba – Die Carousel
* Hammanskraal – Universiteit van Pretoria.
* Tswaing/Soutpan meteoriet krater
* Polokwane en 2010-sokkerstadion
* Witbank en Nelspruit se 2010-sokkerstadions

Neem asseblief kennis dat omdat jy ʼn hele 2-slaapkamereenheid vir jouself kry, ons ʼn minimum bedrag van R300 per persoon per nag vereis!!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mnandi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za