Modern Luxury Apartment Welgelegen Parow

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Modern Luxury Apartment is vas aan 'n huis in Welgelegen in Parow, maar dit het sy eie ingang. Die eiendom is aan die voet van die Tygerbergheuwels, 5 minute vanaf Panorama Hospitaal en naby Plattekloof Winkelsentrum, verskeie restaurante en kroeë.

Die dubbelverdiepingwoonstel bied slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers bo, elk met hul eie en suite-badkamer. Daar is 'n oopplan-kombuis, -eetarea, -leefarea en gastetoilet onder.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, mikrogolfoond, konveksie-oond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele. Die leefarea beskik oor 'n platskerm-TV met DStv. WiFi is beskikbaar. Die leefarea maak oop op 'n privaat patio. Gaste is welkom om van die swembad gebruik te maak. Veilige parkeerplek word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Modern Luxury Apartment Welgelegen Parow sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Modern Luxury Apartment Welgelegen Parow gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 394 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za