Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Moeg Geploeg Lodge

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 R490 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Moeg Geploeg Lodge is 'n selfsorg-eenheid in Sunwich Port, 14 km vanaf Port Shepstone, 200 m van Sunwich Port se strand af, 2 km vanaf Southport-blouvlagstrand en stapafstand vanaf 4 gewilde restaurante. Die Polisiestasie is in dieselfde straat 200 m ver.

Dié ateljee-lodge beskik oor 'n slaaparea, kombuis, 'n en- suite-badkamer en 'n aparte gaste-toilet. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed met 'n elektriese kombers vir daardie die koue aande. 'n Platskerm-TV met eie DStv-kanale en 'n DVD-speler is beskikbaar.. Die lodge het lugversorging in die slaaparea en ook n olie verwarmer. Die kombuis het 'n oondjie met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware, kook- en eetgerei en 2 tafels met 12 stoele. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die woonstel lei na 'n groot kuierarea met 'n ingeboude braai, etenstafel met sitplek vir 12, veerpyltjiebord en leesstof. Die kuierarea het sy eie toilet. Daar is ook 'n yskas met yskoue boetiekbier en ander drankies. Die lodge brou sy eie bier. Slegs uitvoer-wyne is op versoek beskikbaar. Daar is ook gratis onbeperkte WiFi en veilige onderdakparkeerplek. Hout vir die kaggel en buitebraai is gratis. Die lodge voorsien sy eie water en elektrisiteit.

Ontbyt is op versoek beskikbaar en ook 'n spyskaart met egte Boerekos. Die perseel word 24 uur deur geslotekringtelevisie en 'n sekuriteitsfirma beveilig. Buite die lodge is 'n groot vlekvrye-staalblad om vis op skoon te maak. Die lodge het sy eie water op die perseel en is nie van munisipale watervoorsiening afhanklik nie. Indien kragtoevoer onderbreek word is daar 12volt LED-ligte wat net by 'n skakelaar aangesit moet word.

Moeg Geploeg Lodge is 30 km vanaf Oribi Gorge en Elandmeer, en 10 km vanaf Hibberdene en 30 km van Margate. Daar is 5 top gholfbane binne 'n 40 km-radius vanaf die lodge.

Die verblyf is troeteldiervriendelik, maar groot honde word nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Moeg Geploeg Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed Kindermatras vir 1
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Moeg Geploeg Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Charlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 6

Ligging

  • Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Moeg Geploeg Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R700 R490
per nag, vir 3 mense
Vanaf R700
R700 R490
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-weg 1, Sunwich Port, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvRtB6peKqvUAXImwMPJyYSlzU8WYDXiikS4bmQOPVF3N98h1cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R490 per nag, vir 3 mense 7 5 1 5 1 Seaview Road Sunwich Port 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.666683532216 30.508605390787
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem