Mogodi Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mogodi Lodge bied selfsorgverblyf in Graskop, Mpumalanga. Dit het 'n fantastiese ligging, net 50 m vanaf die Graskopkloof-watervalle, met 'n asemrowende uitsig oor die Mpumalanga Laeveld. Dit is die ideale omgewing vir gaste om die oorvloedige natuurskoon te geniet.

Verblyf is beskikbaar in eenslaapkamer-chalets, tweeslaapkamer-chalets, hotelkamers en rugsakreisigerkamers. Al die eenhede het hul eie badkamergeriewe. Let asb. daarop dat die rugsakreisigerkamers nie TV's het nie.

Die lodge spog met 'n gelisensieerde restaurant met 'n omvattende a la carte-spyskaart. Daar is 'n konferensie-venue op die perseel met plek vir tot 40 afgevaardigdes. Dit is ideaal vir alle tipe vergaderings. 'n Lapa is ook beskikbaar om te huur vir diegene wat in die hotelkamers bly, of vir privaat funksies. Die lapa is toegerus met tafels en stoele, 'n elektriese punt, toilet, kombuisarea en 'n buitebraai.

Op die perseel is daar 'n klein kapel beskikbaar vir troues, sowel as 'n geskenkwinkel met kaarte, poskaarte, Afrika-maskers en baie meer om van te kies. Gaste kan gerus by die groot swembad ontspan en lekker sonbaai in die Mpumalanga-son. Vir die avontuurlustiges is daar 'n swaai en kabelgly in die kloof reg langs Mogodi Lodge.

Die lodge is net 1 km suid vanaf Graskop en minder as 49 minute vanaf die Krugerwildtuin. Besienswaardighede in die area sluit God's Window, Bourkes Luck Potholes, die Blyderivierspoort en baie ander bekende watervalle in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Pools

Konferensie geriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mogodi Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R355 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za