Moledi Gorge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moledi Gorge is 'n pragtige lodge op 'n privaat wildplaas, noord van Magaliesburg en 34 km van Rustenburg af. Die sjiek villa is op 'n krans en bied 'n pragtige uitsig oor die kloof. Dié skilderagtige wildplaas is die ideale bestemming vir gaste op soek na 'n rustige toevlug.

Verblyf word gebied in 7 luukse suites of die presidensiële-suite, elk met slaapplek vir 2 gaste. Die stylvolle en suite-kamers het elegante dekor en hoë glasdeure wat lei na 'n privaat balkon met 'n asemrowende uitsig. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, tee-en koffiemaakgeriewe en 'n yskassie met verversings in. Die presidensiële-suite het toegang tot 'n privaat patio en swembad.

Die hooflodge het 'n gemeenskaplike randvloeiswembad, 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer, en 'n kroeg wat na 'n dek lei. Daar is ook 'n ontspanningskamer met 'n TV, DStv, tafeltennis en speletjies vir die jongspan.

Die reservaat het braaigeriewe, spa-behandelings, konferensiegeriewe vir 20 afgevaardigdes en 'n wynkelder.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Moledi Gorge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 848 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]