LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by MolloThaba Game Lodge | LekkeSlaap
+51

MolloThaba Game Lodge

2 resensies
Wildsplaas

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Tambuti Ridge Retreat
Twee eksklusiewe wildritte per dag is by die tarief ingesluit saam met 1 deluxe chalet en die wittebrood suite wat 'n kombuisie, sitkamer, teras en boma insluit. Die lodge word daaglikse skoongemaak. Gaste deel die plonspoel met ander gaste.
Mountain View Chalets
Twee eksklusiewe wildritte per dag is by die tarief ingesluit saam met die 3 chalets en die hoofkuierarea. Die lodge word daagliks skoongemaak. Daar is 'n gemeenskaplike plonspoel.
Winteraanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Mei 2021 tot 29 Aug 2021.

Huisreëls

'n Daaglikse bewaringsfooi is nie by die tarief ingesluit nie en word met aankoms per persoon gehef.
Bewaringsfooi vir die Pilanesberg Nasionale Park:
Volwassenes: R120 per persoon per nag.
Pensionarisse (60+): R80 per persoon per nag.
Kinders (onder 12 jaar): R70 per persoon per nag.

Die lodge kan vir kleiner groepe van 4 tot 6 gaste op versoek bespreek word. In so 'n geval sal julle eksklusiewe toegang tot sekere dele van die lodge hê en die swembad en wildritte met ander gaste by die lodge deel.
- 'n Bespreking van 4 gaste sluit die wittebrood-chalet en die volgende naaste chalet in sodat daar 'n sitkamer, kombuisie en boma 2 beskikbaar is.
- 'n Bespreking van 6 gaste sluit 3 dubbel-chalets en die hoofkuierarea met 'n kroeg, sitkamer, kombuis, eetkamer en boma 1 in.

Let wel dat daar 'n grondpad na die verblyf is. Gaste moet voor aankoms navraag oor die toestand van die pad doen aangesien dit weens onvoorsiene omstandighede kan verander. 'n Gewone sedanvoertuig behoort die lodge te kan bereik.

Die balans moet 30 dae voor die inklokdatum betaal word.

Vuurmaakhout en vuuraanstekers is by die lodge te koop.

Opsionele ekstras soos begeleide wildritte, verwelkomingspakkies met tee, koffie, melk, suiker en beskuit, peuselhappies soos biltong, neute, vrugte, groente, fudge, sjokolade en 'n bottel vonkelwyn en badkamerprodukte is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Our Covid-19 guarantee: We offer a full-refund guarantee for any cancellations due to national or provincial travel restrictions preventing you from using your booking. Lees meer
Meer as 3 maande voor die inkloktyd 95%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
was R8 866
Vanaf R6 206
per nag (plek vir 4)
was R8 866
Vanaf R6 206
per nag (plek vir 4)
was R8 866
Vanaf R6 206
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Black Rhino Wildreservaat 19, R565, Pilanesberg, 0366, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12a8eb88cbd0dae9237e50013edd01d5f71dc82b563c24192ccff46be6a0f4cf59cecb37eee617672e0533c3cb98822792f8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R8 866, nou Vanaf R6 206  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 19 Black Rhino Game Reserve R565 0366 Noordwes 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -25.168729793287 26.982488930225
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!